Vertaal na Afrikaans:
My liewe kinders
“n Swaar noodlot het ons kort gelede getref. God het in Sy onverstaanbare besluit, my gade, julle die sorgsame moeder geneem. Ek is uiters neerslagtig en diep bedroef en bid God daagliks om my te troos en my die wyse raad vir die toekoms te gee. Ek is nou 70, byna 71 jaar oud, en dit net uit genade van God. Dit is die ouderdom wat vir die mens gestel is, en as dit daar verby gaan is dit uit genade van God dat ek nog `n tyd lank mag lewe.
Ons lewe nou in `n besondere moeilike tyd wat ons die afgelope 6-7 jaar beleef en huishoudelikheid geweldige terugslae verduur het;(dit was net na die Anglo Boereoorlog) en is die hele tyd geen inkomste maar slegs uitgawes in vooruitsig gehad het. Ons het gehoop, en hoop nog op beter tye, maar die vooruitsigte daarop is nog baie skraal. So is dit ook aan julle my ouer seuns om julle energie te wy en deur eie krag te bereik, te soek wat ons behoefte en lewensspyse op aarde benodig sodat julle susters en die jonger broers nie ondraaglike nood ly nie.
Julle moet vir hulle sorg as ek nou eenmaal nie meer daar is nie, en as julle eerste plig toesien na die liggaamlike en geestelike opvoeding van die jonger broers en dit bevorder, veral met opregte liefde en agting vir julle susters en die jonger broers, hulle toenadering hulle wens en eise dit met bereidwilligheid benader waar moontlik, die omstandighede en ons vermoe van die tyd in ag geneem.
Ek kan net weereens herhaal: Julle moet mekaar heelhartig liejhe, die een moet die ander se las dra, help mekaar in alle nood met besonderlike liefde en onbaatsugtige
hulp sover God die middele daartoe aan julle gee, en nog sal gee. Eer die herrinnering aan julle lang gestonve moeder wat julle so lank lief gehad het en versorg het; hoe sy julle lief gehad het in die goeie en moeilike tye wat die Almagtige ons saam in die lewe gegun het.
So is en bly ons getrou en liewe kinders, dra julle jonger broers op die hande met hartstogtelike liefde en ‘n vaste wil vir hul ligaamlike en geestelike opvoeding, dan sal julle my laaste wens vervul, en die seen van God wat hoer is as alle verstand, sal op julle bly. Eer en dra ook in jzdle harte nou die nagedagte van fidle tweede moeder, my onvergeetlik Dorothea wat julle en vir my net so liefgehad het, en net so gely het as julle eerste moeder. (Dit was haar ouer suster Johanna.)
Ek kan haar plotselinge en onverwagte afsterwe nog nie venverk ofbegryp nie, en vra julle almal, my liewe kinders om haar nagedagte, om my ontwil, injzdle harte te bewaar en hoog te hou, dit gee God. Vir my liewe Helene (die oudste dogter) aan wie ons so veel te danke is en my liewe Johanna, (Tante Hansie en oom Hein) julle beide sal nou as moederfiguur moet optree teenoor die jonger seuns. Ek hoop en bid God dat hy julle ‘n vaste wil en krag mag gee.
Ek stel my vertroue injulle dat julle dit goed en gewillig sal doen, en my in my laaste lewensdae sal bystaan om die kleintjies in ware Godvresende liefde en eendrag onder mekaar sal opvoed.
En julle my ouer seuns, Otto, Ludwig, Ferdinand en Edmund sal, so hoop ek, na my doocijull verenig in voorbeeld en besluite; julle ondermekaar en julle jonger broers met raad en daad bystaan, ondersteun soverjulle middele reik, en hulle in broederlike liefde lei en vermaan in alle opsigte. Enjzdle my liewe seuns my innige liewe Dorothea, julle moeder, wat ons so gou verlaat het, julle vra ek, julle getroue liewe moeder en my julle vaderjulle lewe lank nie te vergeet, ons wense en vermaninge in julle harte sal dra en sal vervul. Behou God in julle harte en vra Sy seen en ek versoek julle dat julle nie in sonde sal verval of iets teen God’s gebod sal doen.
Dit wil God he
Julle getroue vader C SCHULZE