OORGETIK
“POP-UP” prentjies
Brief aan sy kinders oor hulle voorgeslag (vertaal in Afrikaans)
Brief aan sy kinders oor hulle voorgeslag (vertaal in Engels)
Brief aan sy kinders na die dood van sy tweede vrou
Brief aan sy kinders na die dood van sy tweede vrou (oorsprongklike Duits, oorgetik)
Carl Ferdinand Ludolph Dietrich Schulze aanstelling as belastingopgaarder
Carl Ferdinand Ludolph Dietrich Schulze se doodsberig en vertaling
(Vertaling van) Hollandse koerantberig, waarskynlik uit die Lydenburg News of De Volkstem. Opsteller onbekend
Met Carl Schulze wat op die 16de Augustus op Malta, naby Winterton, Natal, oorlede is, is ‘n bekende figuur in Lydenburg heengegaan.
Carl Ferdinand Ludolph Dietrich Schulze is op 23 April 1836 gebore te Wendemark (Duitsland) alwaar sy vader predikant was. Wendemark is ‘n mooi ou stadjie – dit verrys uit ‘n bed van tuine by Magdeburg. Dit is bekend uit die ouere geskiedenis veral uit die tydperk van die Dertigjarige oorlog. In hierdie stadjie, en later aan die oewers van die Elberivier, het Carl Schulze sy gelukkige jeug deurgebring; hier het hy die eerste indrukke ontvang wat op sy hele avontuurlike lewe ‘n invloed uitgeoefen het. Hy het die gimnasium te Stralsund besoek en sy militêre opleiding het hy by die lyfwagregiment te Potsdam ontvang. Van 1863 tot 1965 was hy student aan die Koninklike Landbouskool te Waldau en het daar sy landboustudies voltooi.
Ná sy studiejare was sy lewensloop heel kalm, maar toe sy land in die moeilikheid raak, was hy ‘n dapper soldaat en het langs die Kroonprins en Von Moltke by Königgrӓtz en in ander veldslae in Oostenryk geveg. Na afloop van die oorlog is hy in 1866 tot 2de luitenant bevorder.
Dadelikk na sy terugkeer in Duitsland is hy benoem tot inspekteur van landbou. Intussen het hy in 1870 in die huwelik getree met Johanna Güldenphennig en kort daarna het hy verhuis na Suid-Afrika. Aanvanklik het hy hom gevestig op die plaas Malta in Bo-Tugela in Natal. Hy het nog ‘n paar jaar in Natal bly woon en het hom in 1875 met sy gesin in Lydenburgdistrik gevestig op die plaass Mostertshoek vlak by die dorp Lydenburg.
Hy het groot invloed onder naturelle verkry en is in 1876 as naturellekommissaris aangestel, ‘n betrekking wat hy ‘n tydlank beklee het.
Toe die Engelse in 1877 die Z.A.R. (Zuid Afrikaansche Repuliek) annekseer, bly het as kommissaris in diens van sy land aan en word in 1880 vrederegter. Hy het ‘n aktiewe deel geneem in die oorlog teen Sekoekoeni, tot hy in 1881 tot landdros te Lydenburg benoem is.
Toe die Z.A.R. na die anneksasie weer onder haar eie regering gestaan het in die eerste dae van September 1881, is hy aangestel as landdrosklerk, publieke aanklaer en posmeester te Lydenburg. Daarna was hy ‘n kort tydjie ‘n amplose burger.
Van 1889 tot 1894 beklee hy die pos van tweede landdrosklerk en van 1895 tot 1900 die funksie van posmeester te Lydenburg. In 1900 trek hy hom terug uit die publieke lewe.
Wyle Carl Schulze was twee keer getroud en het twaalf seuns en drie dogters gehad. Twee van sy seuns, Stephan en Arthur, het in die Tweede Vryheidsoorlog hul lewe vir hul land gegee.
Sy tweede eggenote het hom in 1906 ontval.
Aan die begin van Augustus (1916) het hy ‘n besoek gaan aflê by sy dogter Hӓnsi op Malta toe die dood ‘n einde gemaak het aan die lewe van iemand wat, soos dit duidelik geblyk het, uit sy bekwaamhede en verdienstelikhede in sy vak, voorbestem was om van die gewigtigste betrekkinge (ampte) by die Transvaalse regering te beklee. Hy was met hart en siel ‘n Afrikaner en het behoort tot die karakteristieke figure wat ‘n aktiewe aandeel geneem het in die natuurlike, eie, vrye ontwikkeling van die Z.A.R.
Die huis op Malta het aan sy eggenotes se ouers/familie behoort.







