Schulze, Carl Ferdinand Ludolph Dietrich

Carl Ferdinand Ludolph Dietrich Schulze
Biography
Ná sy skool- en militêre opleiding was hy student in landbou aan die koninklike Landbouskool in Walda.

Hy veg in die slag van Königgratz 1866 en ander veldslae in die Pruisies-Oostenrykse Oorlog en word in 1866 na 2de luitenant bevorder. In 1870 trou hy en verhuis kort daarná na Natal waar hy hom vestig op die plaas Malta naby Winterton. In 1873 verhuis hy na die plaas Mostertshoek by Lydenburg en later na Rooidraai. In die ZAR beklee hy verskillende ampte: o.a. is hy van 1877 tot 1880 Kommissaris in Sekoekoenieland, landdrosklerk en publieke aanklaer, vrederegter in 1880 en landdros van Lydenburg in 1881. Hy is ook posmeester van 1895 tot 1900.

Hy het ''n brief nagelaat waarin hy sy voorgeslag uiteensit:

"My liewe kinders!

"Ek vermoed dat julle, buiten di aangaande julle ouers en grootouers, nie veel van die familieverbande van julle voorouers af weet nie, en dat julle daarom belang sou stel om iets meer daaroor te wete te kom. Ek wil dus, sover dit binne my vermoë is, aan julle meedeel wat ek van my ouers af gehoor het betreffende my vaders- en moederskante en wat my andersins bekend geword het. Ens.
Facts
  • Occupation - Kommissaris in Sekukuniland 1877-1880, posmeester Lydenburg 1881-1900
Ancestors
Family Group Sheet - Child
Family Group Sheet - Spouse
Family Group Sheet - Spouse
Descendancy Chart